
Wie is ons?
Graanendal gemeente is 'n nuwe gemeente ontwikkeling wat die Graanendal Gemeenskap wil bedien en ondersteun.
Ons wil ‘n (geloofs)gemeenskap wees wat mekaar met ons broosheid en gebrokenheid, aanvaar. Ons wil mekaar die ruimte gee om vrae oor die lewe en geloof te vra en in liefde en respek na mekaar te luister.
Ons vertrou in God se genade deur Jesus Christus, om te vergewe en die gapings te vul wat ons van mekaar skei: teologies, polities, sosiaal en selfs in die areas wat ons nie van weet nie.

Ons Waardes:
1. Om mekaar se motiewe te vertrou en verantwoordbaar te wees teenoor mekaar en God. (vertroue)
2. Om mekaar se broosheid en gebrokenheid te aanvaar. (aanvaarding)
3. Om mekaar te respekteer, selfs as ons in liefde van mekaar verskil. (respek)
4. Om intentioneel in liefde verhoudings te bou met mekaar, gelowiges en dié wat nog nie Jesus Christus volg nie.
(goeie verhoudinge)
5. Om mekaar ruimte te gee om ons passies, gawes en roeping uit te leef.
(roeping)
Wat doen ons:
Koffie Fellowship
Ons kom by Curro Uitzicht, hoek van Wildebeest en Springbok Straat, Uitzicht bymekaar.
By die "Koffie Fellowship" drink ons saam koffie, ons worship, ons ontdek saam geloofswaarhede uit die Bybel en gesels saam oor geloof en die lewe.
Hierdie is 'n spasie waar ons saam in broosheid en deernis reis en saam groei in geloof.
Ons doen die "lewe" saam
Ons is altyd opsoek na geleenthede waar ons saam met mekaar die lewe kan geniet, of dit nou 'n Urban Run is of net 'n lekker gemeente kuier waar ons saam kuier en eet.
Eredienste begin
12 Julie 2020
Kom aanbid saam met ons
Ons is baie opgewonde en sien met groot opgewondenheid na 12 Julie 2020 wanneer ons om 09:00 vir die eerste keer as geloofsgemeenskap met eredienste begin!
Teken dit solank in jou dagboek aan!

Donasies
Die vreugde van vrygewigheid
"Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” - Handelinge 20:35
By Graanendal Gemeente, moedig ons 'n kultuur van gee aan. Elke bydrae maak verandering aan ons gemeente en gemeenskap.
Gebed en Berading
Jesaja 1:18
18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.
Isaiah 1:18
18 “Come now, let’s settle this,” says the Lord. “Though your sins are like scarlet, I will make them as white as snow. Though they are red like crimson,
I will make them as white as wool.
Kontak Ons
+27 71 493 5493