©2019 by Graanendal Gemeente. Proudly created with Wix.com

Welkom by Graanendal Gemeente

 

Wie is ons?

Ons wil ‘n (geloofs)gemeenskap wees wat mekaar met ons broosheid en gebrokenheid, aanvaar. Ons wil mekaar die ruimte gee om vrae oor die lewe en geloof te vra en in liefde en respek na mekaar te luister.

 

Ons vertrou in God se genade deur Jesus Christus, om te vergewe en die gapings te vul wat ons van mekaar skei: teologies, polities, sosiaal en selfs in die areas wat ons nie van weet nie.

 

Ons Waardes:

1. Om mekaar se motiewe te vertrou en verantwoordbaar te wees teenoor mekaar en God. (vertroue)


2. Om mekaar se broosheid en gebrokenheid te aanvaar. (aanvaarding)


3. Om mekaar te respekteer, selfs as ons in liefde van mekaar  verskil. (respek)

4. Om intentioneel in liefde verhoudings te bou met mekaar, gelowiges en dié wat nog nie Jesus Christus volg nie.

(goeie verhoudinge)


5. Om mekaar ruimte te gee om ons passies, gawes en roeping uit te leef.

(roeping)

 

Wat doen ons:

pexels-photo-302899_1024x1024.jpeg

Koffie Fellowship

Elke eerste en derde Maandag van die maand 18:30-20:00

Ons kom by Die Koffieman in Kerkstraat bymekaar. By die "Koffie Fellowship" drink ons saam koffie, ons worship, ons ontdek saam geloofswaarhede uit die Bybel en gesels saam oor geloof en die lewe. Om na van die voorige Koffie Fellowship se boodskappe te luister "Click Hier"

Ons doen die "lewe" saam

15 Maart 2019

Dit is altyd lekker om saam met ander die lewe te geniet! Of dit nou geloof of enige ander passie is. Ons hoop om verskeie geleenthede en spasies te bied waar mense in gemeenskap mekaar kan ontmoet en saam te doen wat hulle geniet. Een van hierdie geleenthede is die Urban Night Run van die 15 Maart 2019.

iStock-531760103 (1).jpg
 

We had so much fun at our first Urban run that we decided to do it again! But this time we are doing it at night! We also decided to invite everyone to join us for a nice "Bring and Braai" afterwards so we can spend some time meeting each other and have some fun as a community. Will make sure that the fires are ready afterwards. All you need to bring is the stuff you need to braai and what you want to drink. Please bring headlights or flashlights for the run and maybe some chairs or blankets for you to relax on. There will be safe parking at the starting point and close to the braai area. Unfortunately, no dogs will be allowed at this Run. If you plan on joining us please sign up at the bottom to help us prepare for everyone coming. For more info, please contact events@mygraanendal.co.za

 

Jesaja 1:18


18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.


Isaiah 1:18


18 “Come now, let’s settle this,” says the Lord. “Though your sins are like scarlet, I will make them as white as snow. Though they are red like crimson,

I will make them as white as wool.

61146-bible-thinkstockphotos-905827952-k
 
 
This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now